Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 12:25-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Mattanyah, Bakbukyah en `Ovadyah. Meshullam, Talmon en `Akkuv was poortwagters wat wag gehou het by die poorte.

26. Hulle was in die dae van Yoyakim, die seun van Yeshua, die seun van Yotzadak, in die dae van Negemyah, die goewerneur en van `Ezra, die priester en skrifgeleerde.

27. Toe die muur van Yerushalayim klaar was, het hulle die Leviete bymekaargemaak in al hulle plekke, om hulle na Yerushalayim te bring om die inwyding met vreugde en lofliedere met uitgestrekte hande, met gesang, simbale en harpe te vier.

28. Die seuns van die sangers het hulleself bymekaargemaak vanuit die streek rondom Yerushalayim sowel as uit die dorpe van die N’tofatiete,

29. uit Beit-Gilgal en uit die valleie van Geva en `Azmavet, want die sangers het vir hulle dorpies rondom Yerushalayim gebou.Yeg 43-46

30. Die priesters en die Leviete het hulleself gereinig en die volk, die poorte en die muur gereinig.

31. Ek het die leiers van Y’hudah bo-op die muur laat klim en twee groot groepe aangestel en hulle het op die muur geloop na die regterkant van die groot poort toe

32. en voor hulle het Hosha’yah en die helfte van die leiers van Y’hudah geloop,

33. met `Azaryah, `Ezra, Meshullam,

34. Y’hudah, Binyamin, Sh’ma’yah, Yirmeyah

35. en van die seuns van die priesters met trompette: Z’kharyah, die seun van Yonatan, die seun van Sh’ma’yah, die seun van Mattanyah, die seun van Mikhayah, die seun van Sakkur, die seun van AsafHand 2:30 en dienskneg van יהוה; `Ezra, die skrifgeleerde, het voor hulle uitgegaan, bokant die Fonteinpoort

36. en sy broers, Sh’ma’yah, `Azar’el, Milalai, Gilalai, Ma’ai, N’tan’el, Y’hudah en Hanani, met die musiekinstrumente van Dawid, die profeet

37. en oorkant die poort het hulle opgegaan met die trappe van die Dawidstad, by die opgaan van die muur, bokant die huis van Dawid, tot by die groot poort aan die ooste.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 12