Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 11:10-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Van die priesters: Y’da’yah, die seun van Yoyariv,

11. S’rayah, die seun van Hilkiyah, die seun van Meshullam, die seun van Tzadok, die seun van M’rayot, die seun van Agituv, die leier oor die huis van God.

12. Hulle broers wat die werk in die tempel gedoen het, was agt honderd twee en twintig en `Adayah, die seun van Yerogam, die seun van P’lalyah, die seun van Amtzi, die seun van Z’kharyah, die seun van Pash’gur, die seun van Malkiyah,

13. en hulle broers, hoofde van die vaders, was twee honderd twee en veertig; `Amash’sai, die seun van `Azar’el, die seun van Agzai, die seun van Meshillemot, die seun van Immer

14. en hulle broers, magtige dapper helde, was honderd agt en twintig en hulle opsigter was Zavdi’el, die seun van een van die groot manne.

Lees volledige hoofstuk Negemyah 11