hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 1 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woorde van Negemyah, die seun van Hakhalyah: dit het gebeur in die maand Kislev (9de Maand) van die twintigste jaar terwyl ek in Shushan, in die paleis, was,

2. dat Hanani, een van my broers, gekom het, hy en sekere manne van Y’hudah en ek het hulle gevra na die Y’hudahiete, die oorgeblewenes wat oorgebly het uit die gevangeskap en ook na Yerushalayim.2 Kon 25; Yir 52

3. Hierdie manne, vir wie ek gevra het, het vir my gesê: “Die manne wat die gevangeskap vrygespring het, let op, hulle is daar in die stad, dwalend in ellende en in bespotting; die muur van Yerushalayim is ook afgebreek en sy poorte is met vuur verbrand.”

4. Toe ek hierdie woorde hoor, het ek gaan sit en huil en getreur vir baie dae en gevas en gebid voor die Teenwoordigheid van die God van die hemel

5. en gesê: “Ek smeek U, o יהוה, God van die hemel, die Magtige, die groot en gevreesde God, wat waarheid en onverdiende guns behou vir hulle wat Hom liefhet en Sy opdragte uitvoer,

6. laat U oë nou oop wees en U ore luister, om die gebed van U dienskneg, wat ek nou, dag en nag, voor U bid, vir die seuns van Yisra’el, U diensknegte, te hoor en ek erken die sondes van die seuns van Yisra’el wat hulle teen U gesondig het; meer nog, ook ek en my familie het teen U gesondig.

7. Ons het nie al die opdragte, of die instellings, of die wette wat U aan Moshe, U dienskneg, beveel het, gehou nie.

8. Onthou nou al die opdragte wat U aan Moshe, U dienskneg, beveel en gesê het: ‘As julle oortree teenoor My, sal Ek julle onder die volke verstrooi,Deut 4:25-27; Deut 30:2-4

9. maar as julle berou het en na My toe terugdraai en My wette onderhou en dit doen, al was julle verstrooides in die verste dele van die hemel, steeds sal Ek julle van daar af bymekaarmaak en julle bring na die plek waar Ek besluit het om My Naam (Karakter en Outoriteit) te vestig.’

10. Hierdie is U diensknegte en U volk, wat U gered het deur U groot krag en deur U sterk hand.

11. O יהוה, ek smeek U, laat U oor aandag gee aan die gebed van U dienskneg en op die gebede van U diensknegte, hulle wat hulle verheug daarin om U Naam (Karakter en Outoriteit) respekvol te vrees en gee voorspoed, bid ek, vandag aan U dienskneg en gee aan hom onverdiende guns voor die oë van hierdie man.” Ek was skinker vir die koning.