Ou Testament

Nuwe Testament

Nagum 3:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Is jy beter as No-Amon wat langs die waters van die Nyl geleë was, met water rondom haar; wie se skans die see was, wie se muur die see was?

9. Kush was haar mag en ook Mitzrayim, sonder perke. Put en Luvim was tussen haar helpers.

10. Nogtans het sy ’n balling geword, sy het in gevangeskap gegaan; ook haar klein kindertjies is op elke straathoek in stukke geslaan; hulle het die lot gewerp vir haar edelmanne en al haar groot manne is met kettings geboei.

11. Ook jy sal dronk word, versluierd wees. Jy sal ook ’n toevlug soek van die vyand.

12. Al jou vestings is vyebome met ryp vye; wanneer geskud word, val hulle in die mond van die eter.

Lees volledige hoofstuk Nagum 3