Ou Testament

Nuwe Testament

Nagum 3:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Let op, Ek is teen jou,” verklaar יהוה-Tzva’ot; “en Ek sal jou rompe oplig oor jou gesig en aan die nasies jou naaktheid wys en aan die koninkryke jou skande.

6. Ek sal vuilgoed op jou gooi, jou walglik maak en van jou ’n skouspel maak.

7. Dit sal gebeur dat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: “Ninveh is vernietig! Wie sal oor haar treur? Waar sal ek troosters vir jou soek?”

8. Is jy beter as No-Amon wat langs die waters van die Nyl geleë was, met water rondom haar; wie se skans die see was, wie se muur die see was?

Lees volledige hoofstuk Nagum 3