Ou Testament

Nuwe Testament

Nagum 2:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. (2:2) Die een wat verwoes, het teen jou opgekom. Beman die vesting, hou die pad dop; versterk jou rug, maak al jou sterkte bymekaar,

2. (2:3) want יהוה sal die lof en eer van Ya’akov herstel soos die lof en eer van Yisra’el, alhoewel verwoesters hulle verwoes en hulle wingerde vernietig het.

3. (2:4) Die skilde van sy magtige manne is rooi, die soldate is aangetrek in skarlaken, die strydwaens is in skitterende staal wanneer hy gereed is en die sipresspiese word geswaai.

4. (2:5) Die strydwaens jaag wild in die strate, hulle snel wild voort oor die pleine; hulle voorkoms is soos fakkels, hulle skiet heen en weer soos weerligstrale.

5. (2:6) Hy onthou sy vername manne; hulle struikel in hul mars; hulle hardloop na haar muur en die skerm word opgerig.

6. (2:7) Die poorte van die stede word oopgemaak en die paleis smelt weg.

Lees volledige hoofstuk Nagum 2