Ou Testament

Nuwe Testament

Nagum 1:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die profetiese visioen oor Ninveh. Die boekrol van die visioen van Nagum, die Elkoshiet.

2. ’n Jaloerse en wrekende God is יהוה; יהוה is wrekend en toornig. יהוה neem wraak op Sy teëstanders en Hy sit toorn eenkant vir Sy vyande.

3. יהוה is stadig om kwaad te word en groot van krag en יהוה sal nooit die bose vryspreek nie. יהוה se pad is in die warrelwind en storm en wolke is die stof onder Sy voete.

4. Hy bestraf die see en maak dit droog; Hy droog al die riviere op. Bashan en Karmel kwyn weg en die bloeisels van L’vanon verwelk.

5. Die berge skud in Sy Teenwoordigheid en die heuwels breek los. Die aarde bewe in Sy Teenwoordigheid, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.

6. Wie kan staan voor Sy verontwaardiging? Wie kan die branding van Sy toorn verdra? Sy toorn word uitgegiet soos vuur en die rotse word deur Hom opgebreek.2 Tim 2:19

7. יהוה is goed, ’n vesting in die dag van moeilikheid en Hy ken die wat by Hom skuil,

8. maar met ’n oorstromende vloed sal Hy ’n volkome einde maak aan die plek van Sy vyande en duisternis sal Sy vyande agtervolg.

9. Wat julle ook al beraam teen יהוה, Hy sal ’n volledige einde maak daaraan. Benoudheid sal nie twee maal opstaan nie.

Lees volledige hoofstuk Nagum 1