hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Mikhah 7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee my, want ek is soos die vrugteplukkers, soos die wat druiwe oes. Daar is nie ’n tros druiwe om te eet of ’n vroeë vy wat ek begeer nie.Mat 10:21

2. Die goedhartige persoon het uitgesterf uit die land en daar is geen opregte persoon onder die mense nie. Hulle lê almal en wag op bloedvergieting; elkeen jag die ander met ’n net.

3. Hulle hande staan gereed om boos te doen en hulle doen nooit goed nie. Die goewerneur vra vir goud, die regter vir ’n omkoopgeskenk en die prins spreek die begeerte van sy lewe uit.

4. Die beste van hulle is soos ’n doringstruik, die mees opregte soos ’n doringheining. Die dag wanneer jy jou wagte uitsit, sal jou straf kom. Dan sal jou verwarring plaasvind.Mat 10:21

5. Moenie op ’n naaste vertrou nie; moenie vertroue in ’n vriend hê nie. Bewaar jou lippe teenoor haar wat teen jou bors lê,Mat 10:36; Luk 12:53 ’n man se vyande is van sy eie huishouding.

6. want die seun behandel sy vader met minagting, die dogter staan op teen haar moeder, skoondogter teen haar skoonmoeder;

7. Wat my egter betref, ek sal met verwagting uitkyk vir יהוה; ek sal wag vir die God van my verlossing. My God sal my hoor.

8. Moenie bly wees oor my nie, o my vyand. Alhoewel ek val, sal ek opstaan; alhoewel ek in duisternis loop, is יהוה ’n Lig vir my.

9. Ek sal die verontwaardiging van יהוה dra, want ek het teen Hom gesondig totdat Hy my saak verdedig en my regverdig oordeel. Hy sal my uitbring na die Lig en ek sal Sy onpartydige opregtheid sien;

10. dan sal my vyand dit sien en skaamte sal haar bedek wat vir my gesê het: “Waar is יהוה, jou God?” My oë sal na haar kyk; in daardie tyd sal sy vertrap word soos die slik van die strate.

11. Daar kom ’n dag om jou mure te herbou! Op daardie dag sal jou grense uitgebrei word.

12. Dit sal ’n dag wees dat hulle na jou toe sal kom vanaf Ashur en vanaf die stede van Mitzrayim, vanaf Mitzrayim selfs tot by die Eufraat, selfs van see tot see en van berg tot berg.

13. Die aarde sal verlate word vanweë sy inwoners, as gevolg van die vrug van hulle dade.

14. Wees ’n Herder vir U volk met U septer, die kudde van U erfenis wat by hulleself in die bosveld bly in die middel van ’n vrugbare veld. Laat hulle wei in Bashan en Gil’ad soos in die ou dae.

15. “Soos in die dae toe jy uit die land van Mitzrayim gekom het, sal Ek vir jou wonderwerke wys.”

16. Nasies sal dit sien en skaam wees vir al hulle mag. Hulle sal die hand op die mond lê, hulle ore sal doof wees.

17. Hulle sal die stof lek soos ’n slang, soos reptiele van die aarde. Hulle sal bewend uit hulle vestings kom; hulle sal sidderend na יהוה, ons God, toe kom en sal bang wees voor U.

18. Wie is ’n God soos U, wat die onregverdigheid vergewe en die rebelse dade laat verbygaan van hulle wat oorbly van Sy besitting? Hy behou nie Sy woede vir ewig nie, want Hy verheug Homself in onveranderlike liefde.

19. Hy sal weer liefdevolle omgee vir ons hê; Hy sal ons onregverdighede onder Sy voet vertrap. Ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see gooi.

20. U sal waarheid gee aan Ya’akov en onveranderlike liefde aan Avraham, soos wat U aan ons vaders met ’n eed belowe het vanaf die ou dae.