Ou Testament

Nuwe Testament

Mal'akhi 2:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Nou, hierdie opdrag is vir julle, o priesters:

2. as julle nie luister en doen nie en as julle dit nie ernstig opneem om eer aan My Naam (Karakter en Outoriteit) te gee nie,” sê יהוה-Tzva’ot, “dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge vervloek en inderdaad, Ek het dit alreeds vervloek omdat julle dit nie ernstig opneem nie.

3. Let op, Ek sal julle nasate bestraf en Ek sal vuilgoed oor julle gesigte strooi, die vuilgoed van julle feeste en julle sal saam met dit weggevat word,

4. dan sal julle weet dat Ek hierdie opdrag vir julle gestuur het sodat My verbond met Levi kan voortgaan,” sê יהוה-Tzva’ot.Num 25:11-13 so het hy My respekvol gevrees en in ontsag vir My Naam (Karakter en Outoriteit) gestaan.

5. “My verbond met hom was lewe en vrede en Ek het dié aan hom gegee tot respekvolle vrees;

6. Ware instruksie was in sy mond en partydigheid en onreg is nie op sy lippe gevind nie; hy het in vrede en opregtheid saam met My geloop en hy het baie mense teruggedraai van onregverdigheid af,

7. want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar en mense moet instruksie uit sy mond soek, want hy is die boodskapper van יהוה-Tzva’ot.

8. Júlle het egter van die pad afgewyk, julle het baie deur die instruksies laat struikel; julle het die verbond met Levi korrup gemaak,” sê יהוה-Tzva’ot.

9. “So het Ek julle ook veragtelik en vernederd voor al die mense gemaak, net soos julle nie My lewenswyse hou nie, maar partydigheid wys deur die instruksies.”

Lees volledige hoofstuk Mal'akhi 2