Ou Testament

Nuwe Testament

Lied van Liedere 7:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Jou nek is soos ’n ivoortoring, jou oë is soos die poele in Heshbon, by die poort van ’n prinses; jou neus is soos die toring van L’vanon wat uitkyk oor Dammesek.

5. Jou kop is op jou soos Karmel en die vlegsels van jou hare is soos koninklike purper, gebind met rye borduurwerk!

6. Hoe lieflik en hoe begeerlik is jy, o jy wat ek liefhet, genotvolle dogter!

7. Jou gestalte is soos ’n palmboom en jou borste is trosse druiwe.

8. Ek het gesê: “Ek sal die palmboom klim, sy takke gryp; jou borste sal wees soos trosse van die wingerdstok en die geur van jou gesig soos appels

9. en jou verhemelte is soos die beste wyn vir my vriend, wat afgaan in die mond van my vriend en my lippe en tande laat beweeg.

10. Ek is my vriend s’n en sy begeerte is na my.

Lees volledige hoofstuk Lied van Liedere 7