Ou Testament

Nuwe Testament

Lied van Liedere 6:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Waarheen het jou vriend gegaan, o mooiste onder die vroue? Waar het jou vriend afgedraai sodat ons hom saam met jou kan soek?

2. My vriend het afgeloop na sy tuin, na die beddings van speserye om te eet in die tuine en om lelies bymekaar te maak.

3. Ek is my vriend s’n en my vriend is myne; hy eet tussen die lelies.

4. Jy is mooi en begeerlik, my vriendin, lieflik soos Yerushalayim en gereken as een onder die mooistes.

5. Draai jou oë weg van my af, want hulle het my oorweldig; jou hare is soos ’n kudde bokke wat opkom vanaf die berg Gil’ad.

6. Jou tande is soos ’n kudde geskeerde skape wat van die wassery af opkom, wat elkeen ’n tweeling dra en geen een van hulle is sonder lam nie.

7. Jou wange, agter jou sluier, is soos twee stukke granaat.

8. Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en maagde sonder getal.

Lees volledige hoofstuk Lied van Liedere 6