Ou Testament

Nuwe Testament

Lied van Liedere 5:7-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Die wagte wat in die stad rondgaan het my gekry; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte van die mure het my sluier van my af weggevat.

8. Ek smeek julle, dogters van Yerushalayim, as julle my vriend sou vind, vertel hom dat ek siek is na liefde.

9. Wat is jou vriend meer as ’n ander vriend, o mooiste van die vroue? Wat is jou vriend meer as ’n ander vriend, dat jy ons so smeek?

10. My vriend is wit en rooierig, die beste van tien duisend.

11. Sy kop is soos die fynste goud, sy hare vloeiend en swart soos ’n raaf,

12. sy oë is soos die oë van duiwe by strome van water, in melk gewas en paslik gevorm.

13. Sy wange is soos beddings van speserye, soos soet blomme; sy lippe soos lelies, druppend met mirre en nardus.

14. Sy hande is soos goue stawe, ingevul met kosbare stene; sy maag is soos ’n werk van ivoor, bedek met saffierstene.

15. Sy bene is soos marmerpilare wat rus op voetstukke van goud; sy bors is soos die L’vanon, uitmuntend soos die seders.

Lees volledige hoofstuk Lied van Liedere 5