Ou Testament

Nuwe Testament

Lied van Liedere 4:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hoe mooi is jou borste, my suster, my bruid, hoeveel beter is jou borste as wyn en die geur van jou salwe as alle speserye!

11. Jou lippe drup soos die heuningkoek; heuning en melk is onder jou tong en die geur van jou klere is soos die parfuum van L’vanon.

12. My suster, my bruid, is ’n omringde tuin, ja, ’n beskermde tuin, ’n geseëlde fontein.

13. U spruite is ’n boord van granate met aangename vrugte; henna-blom met nardus,

14. nardus en saffraan, soetriet en kaneel, met allerhande bome van wierook, mirre en aalwyn, met al die hoof speserye.

15. Hulle is ’n fontein van tuine, ’n put van lewende waters wat vloei vanaf die L’vanon.

Lees volledige hoofstuk Lied van Liedere 4