Ou Testament

Nuwe Testament

Lied van Liedere 2:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Ek smeek julle, dogters van Yerushalayim, by die gemsbokke of by die jong bokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat die liefde wil nie.

8. Die stem van my vriend, let op, hy kom springend oor die berge, huppelend op die heuwels.

9. My vriend lyk soos ’n gasel of soos ’n jong bok. Let op, hy staan agter ons muur, hy kyk deur die vensters, buigend oor die venstertralies.

10. My vriend het gepraat en vir my gesê: “Staan op, my vriendin, my mooi een en kom weg,

11. want let op, die winter is verby, die reën is oor en verby.

12. Die bloeisels verskyn op die land, die snoeityd het aangebreek en die lied van die tortelduif word gehoor in ons land.

13. Die vyeboom gee sy groen vye en die wingerdstokke gee geur met sagte lote. Staan op, my vriendin, my mooi een en kom weg.

Lees volledige hoofstuk Lied van Liedere 2