Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 7:20-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. maar die een wat vleis eet van die vredesoffer wat יהוה toekom terwyl hy onrein is, dié persoon moet van sy volksgenote afgesny word.

21. Wanneer iemand aan iets onreins raak; aan die onreinheid van ’n mens of aan ’n onrein dier of enige verwerplike onrein ding en dan eet van die vleis van die vredesoffer wat יהוה toekom, dié persoon moet van sy volksgenote afgesny word.’”

22. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

23. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘Jy mag géén vet van ’n bees of ’n skaap of ’n bok eet nie.

24. Die vet van diere wat natuurlik dood is en die vet van diere wat verskeur is, kan vir enige werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie,

25. want elkeen wat die vet eet van dié vee wat tot יהוה met vuur geoffer word, die persoon wat dit eet, moet van sy volksgenote afgesny word.

26. Julle mag ook géén bloed van voëls of van vee in enige een van julle blyplekke eet nie.Lev 3:17; Lev 17:10-14

27. Enige persoon wat enige bloed eet, dié moet van sy volksgenote afgesny word.’”

28. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

29. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘Hy wat aan יהוה sy vredesoffer bring, moet self aan יהוה die offer uit sy vredesoffer offer.

30. Sy eie hande moet die offers deur vuur tot יהוה offer: die vet met die bors moet hy bring; om die bors as waaioffer voor יהוה te waai.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 7