Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 7:15-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Die vleis van sy dankoffer as vredesoffer moet geëet word op dieselfde dag as wat hy dit offer; hy mag niks daarvan los tot die oggend toe nie.

16. As die offer wat hy offer, ’n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op dieselfde dag as wat hy sy offer bring en op die volgende dag mag, wat daarvan oorbly, geëet word,

17. maar wat van die vleis, wat geoffer is, oorgebly het op die derde dag, moet met vuur verbrand word.

18. As enige van die vleis van sy vredesoffer op die derde dag geëet word, sal hy wat dit geoffer het nie aanvaar word nie; dit sal vir hom nie toegereken word nie; dit sal ’n gruwel wees en die persoon wat daarvan eet, moet sy eie skuld dra.

19. Die vleis wat aan iets onreins raak, mag ook nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word, maar wat die ander vleis betref; elkeen wat rein is, mag daarvan eet,

20. maar die een wat vleis eet van die vredesoffer wat יהוה toekom terwyl hy onrein is, dié persoon moet van sy volksgenote afgesny word.

21. Wanneer iemand aan iets onreins raak; aan die onreinheid van ’n mens of aan ’n onrein dier of enige verwerplike onrein ding en dan eet van die vleis van die vredesoffer wat יהוה toekom, dié persoon moet van sy volksgenote afgesny word.’”

22. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

23. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘Jy mag géén vet van ’n bees of ’n skaap of ’n bok eet nie.

24. Die vet van diere wat natuurlik dood is en die vet van diere wat verskeur is, kan vir enige werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie,

25. want elkeen wat die vet eet van dié vee wat tot יהוה met vuur geoffer word, die persoon wat dit eet, moet van sy volksgenote afgesny word.

26. Julle mag ook géén bloed van voëls of van vee in enige een van julle blyplekke eet nie.Lev 3:17; Lev 17:10-14

27. Enige persoon wat enige bloed eet, dié moet van sy volksgenote afgesny word.’”

28. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

Lees volledige hoofstuk Levitikus 7