Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 7:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou hierdie is die wet van die oortredingsoffer: dit is heeltemal afgesonder.

2. Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die oortredingsoffer slag en sy bloed moet rondom teen die altaar gesprinkel word.Open 6:9,10

3. Hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert, die vet wat die binnegoed bedek,

4. die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is en die vetlap aan die lewer moet hy saam met die niere verwyder.

5. Die priester moet die vet op die altaar brand en in rook laat opgaan as ’n offer tot יהוה deur vuur gebring; dit is ’n oortredingsoffer.

6. Alle mans onder die priesters, mag van die oortredingsoffer eet. Op ’n afgesonderde plek moet dit geëet word; dit is heeltemal afgesonder.

7. Die oortredingsoffer is net soos die sondoffer, een wet geld vir hulle; dit is vir die priester wat daardeur toedekking doen.

8. Die priester wat iemand se brandoffer offer, daardie priester sal die vel van die brandoffer wat hy geoffer het, vir homself vat;

9. asook elke graanoffer wat in die oond gebak word, alles wat in die pan of op die plaat voorberei is, sal vir die priester wat dit offer wees.

10. Elke graanoffer, met olie gemeng of droog, sal vir al die seuns van Aharon, vir die een soos vir die ander, wees.

11. Hierdie is die wet van die vredesoffer wat tot יהוה aangebied sal word:

12. as hy dit as dankoffer bring, moet hy saam met die dankoffer, ongesuurde koeke met olie gemeng, ongesuurde platkoeke met olie gesmeer of koeke van fyn meel gemeng met olie offer.

13. Saam met die offer vir sy dankoffer as vredesoffer, moet hy koeke offer van gesuurde brood.

14. Van dit, een koek van elke offer, moet hy as opligoffer aan יהוה offer; dit sal wees vir die priester wat die bloed van die vredesoffer sprinkel.

15. Die vleis van sy dankoffer as vredesoffer moet geëet word op dieselfde dag as wat hy dit offer; hy mag niks daarvan los tot die oggend toe nie.

16. As die offer wat hy offer, ’n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op dieselfde dag as wat hy sy offer bring en op die volgende dag mag, wat daarvan oorbly, geëet word,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 7