Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 6:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “As iemand sondig en ontrou handel teenoor יהוה deurdat hy lieg teenoor sy naaste aangaande iets wat in sy hand gesit is vir bewaring, of as ’n deposito gegee is, of geroof is, of as hy iets van sy naaste afgepers het,

3. of dat hy iets gekry het wat weg was en daaroor lieg en hy vals sweer; ten opsigte van enige van hierdie dinge wat ’n mens kan doen waardeur hy sondig,

4. sal dit wees omdat hy gesondig het en skuldig is, hy moet teruggee wat hy gesteel of deur afpersing gevat het, of wat aan hom toevertrou was vir bewaring, of verlore goed wat hy gevind het,

5. of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet dit ten volle vergoed en nog ’n vyfde van die waarde daarvan bysit en aan hom aan wie dit behoort teruggee, op die dag as hy sy oortredingsoffer doen.

6. Hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as oortredingsoffer aan יהוה, ’n ram, sonder gebrek, as oortredingsdoffer na die priester bring.

7. Die priester moet vir hom toedekking doen voor יהוה en hy sal vergewe wees vir enige van die dinge wat hy gedoen het en waaraan hy skuldig is.”

8. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

9. “Beveel Aharon en sy seuns en sê: ‘Dit is die wet van die brandoffer: die brandoffer moet die hele nag lank tot die oggend toe op sy vuurherd, op die altaar, bly en die altaarvuur moet aan die brand gehou word.

10. Die priester moet sy linne kleed aantrek en die linne broek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as van die brandoffer wat die vuur op die altaar verteer het, aflig en dit langs die altaar gooi.

11. Hy moet sy klere uittrek, ander klere aantrek en die as buitekant die kamp na ’n rein plek dra.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 6