Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 3:10-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. die twee niere en die vet wat daarop is aan die lendene en die vetlap aan die lewer, wat hy saam met die niere moet verwyder

11. en die priester moet dit op die altaar in rook laat opgaan as kos van ‘n offer, ’n offer deur vuur tot יהוה.

12. As sy offer ’n bok is, moet hy dit voor יהוה offer

13. en sy hand op die kop van sy offer lê en dit voor die Tent van Ontmoeting doodmaak en die seuns van Aharon moet die bloed rondom teen die altaar sprinkel.

14. Hy moet sy offer, as offer van vuur tot יהוה, daarvan bring: die vet wat die binnegoed bedek en al die vet wat aan die binnegoed is,

15. die twee niere en die vet wat daarop is aan die lendene en die vetlap aan die lewer, moet hy saam met die niere verwyder

16. en die priester moet dit op die altaar in rook laat opgaan as ’n kosoffer vir ’n aangename geur. Al dié vet behoort aan יהוה.

17. Hierdie sal ’n ewige instelling wees in julle geslagte, in al julle blyplekke: julle mag géén vet en géén bloed eet nie.’”Lev 7:23, 27; Lev 17:10-14

Lees volledige hoofstuk Levitikus 3