Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 3:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As sy offer ’n vredesoffer is, as hy dit van beeste bring, bul of vers, moet hy een sonder gebrek voor יהוה bring.

2. Hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit by die ingang van die Tent van Ontmoeting doodmaak en die seuns van Aharon, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar sprinkel.

3. Hy moet van die vredesoffer ’n offer van vuur tot יהוה offer: die vet wat die binnegoed toemaak en al die vet wat aan die binnegoed is,

4. die twee niere en die vet wat daarop is aan die lendene en die vetlap aan die lewer, moet hy saam met die niere verwyder.

5. Die seuns van Aharon moet dit op die altaar offer en in rook laat opgaan bo-op die brandoffer, wat op die hout is, op die vuur, as ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 3