Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 25:37-55 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. Jy mag nie jou geld vir hom op rente gee nie of vir hom jou kos teen ’n wins gee nie.

38. Ek is יהוה, julle God, wat julle uit die land Mitzrayim uitgelei het om vir julle die land Kena’an te gee en om julle God te wees.

39. As een van jou broers wat by jou bly arm word en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie dwing om as ’n slaaf te dien nie.File 1:16

40. Soos ’n huurling, soos ’n besoeker, moet hy by jou wees en jou dien tot die jubeljaar toe;

41. dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom en hy moet na sy familie terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan,

42. want hulle is My knegte wat Ek uit Mitzrayim uitgelei het; hulle mag nie verkoop word as slawe nie.Eks 21:2-6

43. Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God respekvol vrees.

44. Aangaande jou slaaf of jou slavin van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ’n slaaf of slavin koop, wat aan jou sal behoort.

45. Meer nog, van die kinders van die besoekers wat by julle bly; van hulle mag julle koop en van hulle familie wat by julle is, wat gebore is in julle land en dié sal julle besittings wees.

46. Julle mag dié aan julle seuns ná julle nalaat om te erf as ’n besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien, maar oor julle broers, die seuns van Yisra’el, mag die een nie oor die ander met hardheid heers nie.

47. As ’n vreemdeling of besoeker by jou ryk word en jou broer wat by hom bly word arm en hy homself aan ’n vreemdeling of besoeker by jou verkoop, of aan ’n familielid uit die familie van ’n vreemdeling,

48. dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg tot terugkoping wees; een van sy broers kan hom terugkoop,

49. of sy oom of sy oom se seun kan hom terugkoop, of een van sy naaste bloedverwante uit sy familie kan hom terugkoop, of as hy in staat is, kan hy homself terugkoop.

50. So moet hy met sy koper bereken: die prys van sy verkope sal wees van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. Dit sal wees volgens die tyd van ’n huurling vir hom.

51. As daar nog baie jare oor is, moet hy volgens hulle sy terugkoopprys uit die geld waarvoor hy gekoop is, teruggee

52. en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe oor is, moet hy dit met hom bereken; volgens dié jare moet hy sy terugkoopprys teruggee.

53. Hy sal van jaar tot jaar by hom wees as ’n gehuurde dienskneg en hy mag nie voor jou oë met hardheid oor hom heers nie.

54. As hy nie in dié jare teruggekoop word nie, moet hy in die jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom,

55. want die seuns van Yisra’el is diensknegte vir My; hulle is My diensknegte wat Ek uit Mitzrayim uitgelei het. Ek is יהוה, julle God.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 25