Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 25:13-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. In die jubeljaar moet elkeen na sy besittings teruggaan.

14. As jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste se hand koop, moet julle mekaar nie onderdruk nie.

15. Volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar ’n oes is, moet hy dit aan jou verkoop.

16. Volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou volgens die aantal oeste.

17. Julle sal mekaar daarom nie onderdruk nie, maar jy sal jou God respekvol vrees, want Ek is יהוה, julle God.

18. So moet julle My reëls doen en My wette onderhou en dit doen en julle sal veilig woon in die land.

19. Die land sal sy vrug gee en julle sal volop eet en veilig daarin woon.

20. As julle sê: “Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai en ons oes nie mag insamel nie?”

21. Dan beveel Ek My seën oor julle in die sesde jaar en dit sal ’n oes genoeg vir drie jaar oplewer.

22. In die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrengs eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrengs hiervan inkom, moet julle die ou oes eet.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 25