Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 24:21-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Wie ook al ’n stuk vee doodslaan, moet daarvoor vergoeding gee, maar hy wat ’n mens doodslaan, moet doodgemaak word.

22. Julle sal dieselfde standaard hê vir die besoeker en vir die kind van die land, want Ek is יהוה, julle Magtige God.’”

23. Moshe het met die seuns van Yisra’el gepraat en hulle het die een wat gevloek het buitekant die kamp uitgevat en hom gestenig. So het die seuns van Yisra’el gedoen soos יהוה Moshe beveel het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 24