Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 24:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Beveel die seuns van Yisra’el dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die lig moet bring, om die lamp voortdurend te laat brand.

3. Aharon moet dit buitekant die verdelingsgordyn van die Getuienis, in die Tent van Ontmoeting, voorberei om voortdurend van die aand tot die oggend voor die Teenwoordigheid van יהוה te brand. Dit is ’n ewige instelling regdeur julle geslagte.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 24