Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 22:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Sê vir hulle: ‘Enigeen van jou nageslag, in julle geslagte, wat naderkom na die afgesonderde gawes, wat die seuns van Yisra’el aan יהוה afsonder terwyl hy onrein is, dié persoon moet afgesny word van voor My Teenwoordigheid. Ek is יהוה.

4. Niemand uit die nageslag van Aharon wat melaats is of ’n uitskeiding het, mag van die afgesonderde gawes eet, voordat hy nie rein is nie. Hy wat aan iemand raak wat deur ’n lyk onrein is, of van wie ’n saadvloeiing uitgaan,

5. of iemand wat aan enige kruipende dier raak, waardeur hy onrein word, of aan ’n mens, deur wie hy onrein word, as gevolg van watter onreinheid ook al,

6. die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees en hy mag nie van die afgesonderde gawes eet, tensy hy sy liggaam in water gewas het nie.

7. Wanneer die son onder is, sal hy rein wees en daarna kan hy van die afgesonderde gawes eet, want dit is sy kos.

8. Iets wat natuurlik dood is of verskeur is, mag hy nie eet sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is יהוה.

9. Hulle moet My voorskrifte bewaar sodat hulle daardeur geen sonde op hulle laai as hulle dit onteer en daardeur sterf nie. Ek, יהוה, sonder hulle af.

10. Geen vreemdeling mag van wat afgesonder is eet nie. ’n Besoeker van ’n priester of ’n huurling mag nie eet wat afgesonder is nie,

11. maar as ’n priester iemand met sy geld koop, mag dié daarvan eet en die wat in sy huis gebore is; húlle mag van sy kos eet.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 22