Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 20:21-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. As ’n man sy broer se vrou vat, is dit ’n onrein ding. Hy het die naaktheid van sy broer ontbloot. Hulle sal sonder kinders wees.Mar 6:17,18

22. Bewaar al My reëls en al My wette en doen dit sodat die land waarheen Ek julle bring om daarin te bly, julle nie uitspoeg nie.

23. Julle mag nie leef volgens die gewoontes van die nasies wat Ek voor julle uit verdryf nie, want hulle het al hierdie dinge gedoen en daarom verafsku Ek hulle.

24. Ek het vir julle gesê: ‘Júlle sal hulle land bewoon en Ék sal dit aan julle as besitting gee, ’n land wat vloei van melk en heuning. Ek is יהוה, julle God, wat julle van die volke afgesonder het;

25. daarom moet julle ’n onderskeid tref tussen die rein en onrein diere en tussen die onrein en rein voëls; moenie julle lewens verwerplik maak deur diere of deur voëls of deur enige iets wat op die aarde beweeg, wat Ek van julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar, nie.

26. Julle moet afgesonder wees tot My, want Ek, יהוה, is afgesonderd1 Kef 1:15-16 en Ek het julle van die volke af afgesonder om Myne te wees.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 20