Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 19:9-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Wanneer julle die opbrengs van julle land oes, moet julle die rante van die land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie bymekaarmaak nie.

10. Jy moet ook nie jou wingerd skoon af oes en die trossies wat van jou wingerd val, nie bymekaarmaak nie. Jy moet dit vir die armes en die besoekers laat oorbly. Ek is יהוה, julle God.

11. Julle mag nie steel nie, julle mag nie vals handel of vir mekaar lieg nie.

12. Julle mag nie valslik by My Naam (Karakter en Outoriteit) sweer en so die Naam (Karakter en Outoriteit) van jou God onrein maak nie. Ek is יהוה.

13. Jy mag jou naaste nie afpers of beroof nie. Die huurling se loon mag nie by jou bly tot die oggend toe nie.Ya’a 5:4

14. Jy mag ’n dowe nie vloek nie en voor die blinde geen struikelblok lê nie,Rom 14:13 maar jy moet jou God respekvol vrees. Ek is יהוה.

15. Julle mag geen onregverdigheid doen in die oordele nie. Jy mag nie partydig wees vir die armes nie en die magtige nie eer nie. Met onpartydige opregtheid moet jy oor jou naaste oordeel.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 19