Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 19:8-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Elkeen wat dit eet sal daarom sy skuld dra, want hy het, wat afgesonder is aan יהוה, onrein gemaak en dié persoon moet uit sy volksgenote afgesny word.

9. Wanneer julle die opbrengs van julle land oes, moet julle die rante van die land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie bymekaarmaak nie.

10. Jy moet ook nie jou wingerd skoon af oes en die trossies wat van jou wingerd val, nie bymekaarmaak nie. Jy moet dit vir die armes en die besoekers laat oorbly. Ek is יהוה, julle God.

11. Julle mag nie steel nie, julle mag nie vals handel of vir mekaar lieg nie.

12. Julle mag nie valslik by My Naam (Karakter en Outoriteit) sweer en so die Naam (Karakter en Outoriteit) van jou God onrein maak nie. Ek is יהוה.

13. Jy mag jou naaste nie afpers of beroof nie. Die huurling se loon mag nie by jou bly tot die oggend toe nie.Ya’a 5:4

14. Jy mag ’n dowe nie vloek nie en voor die blinde geen struikelblok lê nie,Rom 14:13 maar jy moet jou God respekvol vrees. Ek is יהוה.

15. Julle mag geen onregverdigheid doen in die oordele nie. Jy mag nie partydig wees vir die armes nie en die magtige nie eer nie. Met onpartydige opregtheid moet jy oor jou naaste oordeel.

16. Jy mag nie as ’n storiedraer onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is יהוה.

17. Jy mag nie jou broer in jou verstand, wil en emosie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe sodat jy nie om sy ontwil sonde op jou laai nie.

18. Jy mag nie wraak neem of ’n wrok koester teenoor die seuns van jou volk nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Mat 19:19; Mat 22:39; Mar 12:31; Luk 10:27; Ya’a 2:8 Ek is יהוה.

19. Julle moet My reëls hou. Jy mag nie jou vee met ’n ander soort kruisteel nie. Jy mag nie gemengde saad in jou akker saai nie en ’n bo-kleed van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 19