Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 18:6-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Niemand van julle mag naby sy bloedfamilie se vlees kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is יהוה.

7. Jy mag die skaamte van jou vaderGen 9:22,23 en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder, jy mag haar naaktheid nie ontbloot nie.

8. Jy mag die naaktheid van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die naaktheid van jou vader.Gen 35:22

9. Die naaktheid van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, of sy in die huis of buitekant gebore is, haar naaktheid mag jy nie ontbloot nie.

10. Die naaktheid van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter mag jy nie ontbloot nie, want hulle is jou eie naaktheid.

11. Die naaktheid van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is, sy is jou suster, haar naaktheid mag jy nie ontbloot nie.

12. Jy mag die naaktheid van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is dieselfde as jou vader.

13. Jy mag die naaktheid van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is dieselfde as jou moeder.

14. Jy mag die naaktheid van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.

15. Jy mag die naaktheid van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar naaktheid nie ontbloot nie.

16. Jy mag die naaktheid van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die naaktheid van jou broer.

17. Jy mag die naaktheid van ’n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar naaktheid te ontbloot nie. Hulle is dieselfde. Dit is boosheid.

18. Jy mag ook nie ’n vrou en haar suster vat, om haar te tart, om haar naaktheid te ontbloot terwyl die ander een nog lewe nie.

19. Jy mag ook nie naby ’n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar menstruasie, om haar naaktheid te ontbloot nie.Lev 15:24; Lev 20:18

20. Meer nog, jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar onrein te maak nie.

21. Jy mag geen van jou kinders gee om in vuur aan Molekh geoffer te word en dieLev 20:2-5 Naam (Karakter en Outoriteit) van jou God te onteer nie. Ek is יהוה.

22. Jy mag nie lê by ’n manspersoon soos by ’n vrou nie.Lev 20:13; Rom 1:26; 1 Kor 6:9; 1 Tim 1:10 Dit is verwerplik.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 18