Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 18:16-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Jy mag die naaktheid van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die naaktheid van jou broer.

17. Jy mag die naaktheid van ’n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar naaktheid te ontbloot nie. Hulle is dieselfde. Dit is boosheid.

18. Jy mag ook nie ’n vrou en haar suster vat, om haar te tart, om haar naaktheid te ontbloot terwyl die ander een nog lewe nie.

19. Jy mag ook nie naby ’n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar menstruasie, om haar naaktheid te ontbloot nie.Lev 15:24; Lev 20:18

20. Meer nog, jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar onrein te maak nie.

21. Jy mag geen van jou kinders gee om in vuur aan Molekh geoffer te word en dieLev 20:2-5 Naam (Karakter en Outoriteit) van jou God te onteer nie. Ek is יהוה.

22. Jy mag nie lê by ’n manspersoon soos by ’n vrou nie.Lev 20:13; Rom 1:26; 1 Kor 6:9; 1 Tim 1:10 Dit is verwerplik.

23. Jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur onrein te maak nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee gemeenskap te hê nie. Dit is ’n gruwelikheid.

24. Moenie julleself deur al hierdie dinge onrein maak nie, want deur al hierdie dinge is die ander nasies onrein, wat Ek voor julle uit verdryf,

25. want die land het onrein geword en Ek besoek sy boosheid oor dit sodat die land sy inwoners uitspoeg.

26. Júlle moet daarom My wette en My reëls onderhou en niks van al hierdie booshede doen nie; beide die kind van die land en die besoeker wat tussen julle bly,

27. want die mense van die land, wat voor julle was, het al hierdie booshede gedoen en die land het onrein geword.

28. Laat die land julle dan nie uitspoeg as julle dit onrein maak, soos dit die nasie uitgespoeg het wat voor julle daar was nie,

29. want wie ook al enige een van hierdie booshede doen, die persone wat dit doen, moet afgesny word vanuit hulle volk uit.

30. Julle moet daarom My opdrag uitvoer, om niks te doen van die verwerplike gewoontes wat voor julle gedoen is nie en dat julle jul nie daardeur onrein maak nie. Ek is יהוה, julle God.’ “

Lees volledige hoofstuk Levitikus 18