Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 18:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die naaktheid van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter mag jy nie ontbloot nie, want hulle is jou eie naaktheid.

11. Die naaktheid van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is, sy is jou suster, haar naaktheid mag jy nie ontbloot nie.

12. Jy mag die naaktheid van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is dieselfde as jou vader.

13. Jy mag die naaktheid van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is dieselfde as jou moeder.

14. Jy mag die naaktheid van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.

15. Jy mag die naaktheid van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar naaktheid nie ontbloot nie.

16. Jy mag die naaktheid van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die naaktheid van jou broer.

17. Jy mag die naaktheid van ’n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar naaktheid te ontbloot nie. Hulle is dieselfde. Dit is boosheid.

18. Jy mag ook nie ’n vrou en haar suster vat, om haar te tart, om haar naaktheid te ontbloot terwyl die ander een nog lewe nie.

19. Jy mag ook nie naby ’n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar menstruasie, om haar naaktheid te ontbloot nie.Lev 15:24; Lev 20:18

Lees volledige hoofstuk Levitikus 18