Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 18:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Ek is יהוה julle God.

3. Julle mag nie doen volgens die dade van die land van Mitzrayim waarin julle gewoon het nie en julle mag nie doen volgens die werke van die land Kena’an waarheen Ek julle bring nie en julle mag nie volgens hulle reëls leef nie.

4. My wette moet julle doen en My reëls nakom om daarin te leef. Ek is יהוה, julle God.

5. Jy moet daarom My wette en My reëls nakom wat, as die mens dit doen, hy daardeurRom 10:5; Gal 3:12 sal lewe. Ek is יהוה.

6. Niemand van julle mag naby sy bloedfamilie se vlees kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is יהוה.

7. Jy mag die skaamte van jou vaderGen 9:22,23 en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder, jy mag haar naaktheid nie ontbloot nie.

8. Jy mag die naaktheid van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die naaktheid van jou vader.Gen 35:22

9. Die naaktheid van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, of sy in die huis of buitekant gebore is, haar naaktheid mag jy nie ontbloot nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 18