Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 15:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. As hy, wat die uitskeiding het, van sy uitskeiding gereinig word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging, sy klere was en sy liggaam in lopende water was; dan sal hy rein wees.

14. Op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe vat en voor יהוה kom, by die ingang van die Tent van Ontmoeting en dit vir die priester gee.

15. Die priester moet hulle offer, die een as ’n sondoffer en die ander as ’n brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy uitskeiding toedekking doen voor יהוה.

16. As daar saad van ’n man af uitgaan, moet hy sy hele liggaam in water was en hy sal onrein wees tot die aand toe.

17. Elke kledingstuk en elke veldeel waar die saad op kom, moet in water gewas word en dit bly onrein tot die aand toe.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 15