Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 15:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As enige man ’n uitskeiding uit sy liggaam het, dan is dié uitskeiding onrein

3. en dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: as sy vlees die uitskeiding laat loop of sy vlees raak verstop van die uitskeiding is dit ’n onreinheid in hom.

4. Elke bed waarop hy wat die uitskeiding het, lê, sal onrein wees en alles waarop hy sit, sal onrein wees.

5. Elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en bad in water en hy is onrein tot die aand toe.

6. Hy wat gaan sit op enige iets waarop hy gesit het wat die uitskeiding het, moet sy klere was en in water bad en hy is onrein tot die aand toe.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 15