Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 14:39-53 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Op die sewende dag moet die priester weer kom en kyk en let op, as die plaag versprei het in die mure van die huis,

40. dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is en dit buitekant die stad op ’n onrein plek gooi

41. en die huis moet regdeur binnekant afgekrap word en die klei wat hulle afgekrap het, moet buitekant die stad op ’n onrein plek weggegooi word.

42. Hulle moet ander klippe vat en in die plek van daardie klippe sit en hulle moet ander pleister vat en die huis pleister.

43. As die plaag terugkom en weer in die huis uitbreek nadat hulle die klippe uitgebreek, die huis afgekrap en dit gepleister het,

44. moet die priester kom en kyk en let op, as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit ’n aktiewe melaatsheid in die huis; dit is onrein.

45. Hy moet die huis afbreek, sy klippe, sy hout en al die klei van die huis en hy moet dit uitdra, buitekant die stad, na ’n onrein plek.

46. Meer nog, hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle dit toegesluit hou, sal tot die aand toe onrein wees.

47. Hy wat in die huis gaan lê, moet sy klere was, asook hy wat in die huis eet, moet sy klere was.

48. As die priester in die huis kom, dit ondersoek en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die plaag het gesond geword.

49. Hy moet, om die huis te reinig, twee voëls, sederhout, skarlaken en hisop vat

50. en die een voël in ’n erdepot oor lopende water doodmaak.

51. Hy moet die sederhout, die hisop, die skarlaken en die lewende voël vat en dit in die bloed van die dooie voël en in die lopende water insteek en hy moet die huis sewe maal besprinkel.

52. Hy moet die huis reinig met die bloed van die voël, sowel as met die lopende water, die lewende voël, die sederhout, die hisop en die skarlaken.

53. Hy moet die lewende voël buitekant die stad in die oop veld loslaat en so toedekking doen vir die huis en dit sal rein wees.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 14