Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 14:36-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. Die priester moet bevel gee dat hulle die huis ontruim, voordat die priester die plaag kom ondersoek sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; daarna moet die priester kom om die huis te ondersoek.

37. As hy die plaag ondersoek en sien dat die plaag aan die mure van die huis soos groenerige of rooierige merke is en hulle diep in die muur is,

38. dan moet die priester uit die huis uitgaan, na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.

39. Op die sewende dag moet die priester weer kom en kyk en let op, as die plaag versprei het in die mure van die huis,

40. dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is en dit buitekant die stad op ’n onrein plek gooi

41. en die huis moet regdeur binnekant afgekrap word en die klei wat hulle afgekrap het, moet buitekant die stad op ’n onrein plek weggegooi word.

42. Hulle moet ander klippe vat en in die plek van daardie klippe sit en hulle moet ander pleister vat en die huis pleister.

43. As die plaag terugkom en weer in die huis uitbreek nadat hulle die klippe uitgebreek, die huis afgekrap en dit gepleister het,

44. moet die priester kom en kyk en let op, as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit ’n aktiewe melaatsheid in die huis; dit is onrein.

45. Hy moet die huis afbreek, sy klippe, sy hout en al die klei van die huis en hy moet dit uitdra, buitekant die stad, na ’n onrein plek.

46. Meer nog, hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle dit toegesluit hou, sal tot die aand toe onrein wees.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 14