Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:22-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. As dit oor die vel versprei, moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n plaag,

23. maar as die helder vlek bly waar dit is en nie versprei het nie, is dit die litteken van die sweer en die priester moet hom rein verklaar.

24. Of as in die vel van die vlees ’n brandplek is en die rou vlees van die brandplek ’n rooierige wit of blink vlek ontwikkel

25. dan moet die priester dit ondersoek en let op, as die hare op die blink vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid wat in die brandplek uitgebreek het; daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n melaatse seer,

26. maar as die priester dit ondersoek en let op, daar is geen wit hare op die helder vlek nie en dit is nie dieper as die vel nie en het dof van kleur geword, dan moet die priester hom sewe dae lank isoleer.

27. Op die sewende dag moet die priester hom ondersoek. As dit verder oor die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n melaatse seer,

28. maar as die helder vlek bly waar dit is, nie oor die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Die priester moet hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.

29. As ’n man of vrou ’n seer op die kop of in die baard het

30. en die priester die plek ondersoek en sien dat dit dieper lyk as die vel en daar dun geel hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is ’n skurf melaatsheid van die kop of van die baard,

31. maar as die priester die skurwe plek ondersoek en sien dat dit nie dieper as die vel is nie en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die persoon met die skurwe plek sewe dae lank isoleer.

32. Op die sewende dag moet die priester die aangetaste plek ondersoek en as hy sien dat die skurwe plek nie versprei het nie en daar geen geel hare op is nie en die skurwe plek nie dieper lyk as die vel nie,

33. dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie en die priester moet die skurwe persoon weer sewe dae lank isoleer.

34. Op die sewende dag moet die priester die skurwe plek ondersoek en as hy sien dat die skurwe plek nie oor die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Hy moet sy klere was en sal rein wees,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13