Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 12:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. maar as sy geboorte gee aan ’n dogter, sal sy twee weke onrein wees soos met haar menstruasie. Dan moet sy ses en sestig dae bly in die bloed van haar reiniging.

6. Wanneer die dae van haar reiniging in die geval van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif na die priester toe bring as sondoffer, na die ingang van die Tent van Ontmoeting

7. en hy moet dit offer voor die Teenwoordigheid van יהוה en vir haar toedekking doen, dan sal sy rein wees van die vloei van haar bloed. Dit is die wet vir haar wat geboorte gee aan ’n seun of ’n dogter.

8. As sy nie ’n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe vat, een as brandoffer en een as sondofferLuk 2:24 en die priester moet vir haar toedekking doen; dan sal sy rein wees.’ “

Lees volledige hoofstuk Levitikus 12