Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 11:36-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. Nogtans sal ’n fontein of ’n put, ’n opgaarplek van water, rein wees, maar hy wat aan die karkas daarin raak, sal onrein wees.

37. As enige deel van die karkas op enige saad wat gesaai word val, sal die saad rein wees,

38. maar as daar water op die saad gegooi is en enige deel van die karkas val daarop, dan sal dit vir julle onrein wees.

39. As enige van die diere wat vir julle kos is, doodgaan, sal hy wat aan die karkas raak, tot die aand toe onrein weesDeut 14:21

40. en hy wat van dié karkas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Hy wat dié karkas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.

41. Al die wemelendes wat op die aarde wemel, is verwerplik, dit mag nie geëet word nie.

42. Alles wat op sy maag seil, alles wat op vier pote loop, alles wat baie pote het, al die wemelendes wat op die aarde wemel, mag julle nie eet nie, want hulle is verwerplik.

43. Moenie julleself verwerplik maak deur enige van die wat wemel nie: julle moet jul nie daardeur onrein maak sodat julle daardeur onrein word nie,

44. want Ek is יהוה, julle God. Julle moet julleself afsonder en wees afgesonderd, want Ek is Afgesonderd.1 Kef 1:15,16 Moet julleself ook nie onrein maak deur enige ding wat op die aarde wemel nie,

45. want Ek is יהוה wat julle uit die land van Mitzrayim uitgebring het om julle God te wees. Julle moet daarom afgesonderd wees omdat Ek afgesonderd is.

46. Dit is die wet aangaande die diere, die voëls, al die lewende wesens wat beweeg in die water en aangaande alles wat op die aarde wemel,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 11