Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 11:28-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Elkeen wat hulle karkasse dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Hulle is onrein vir julle.

29. Die volgende is vir julle onrein onder die wemelendes wat op die aarde wemel: die mol, die muis, die groot akkedis volgens sy spesies,

30. die geitjie, die krokodil, die salmander, die koggelmander en die verkleurmannetjie.

31. Hulle is vir julle onrein onder al die wemelendes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.

32. En alles waarop een van hulle val as hulle dood is, sal onrein wees, of dit ’n houtvoorwerp, kledingstuk, vel of sak is, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.

33. Elke erdevoorwerp waarin een van hulle val, moet julle stukkend breek en alles wat daarin is, sal onrein wees;

34. enige kos daarin, wat geëet word, waarop water kom, sal onrein wees en enige drank, van watter soort ook, wat in so ’n voorwerp gedrink kan word, sal onrein wees.

35. Alles waar ’n deel van hulle karkasse op val, sal onrein wees; ’n bakoond of ’n stoof moet stukkend geslaan word; hulle is onrein en moet vir julle onrein wees.

36. Nogtans sal ’n fontein of ’n put, ’n opgaarplek van water, rein wees, maar hy wat aan die karkas daarin raak, sal onrein wees.

37. As enige deel van die karkas op enige saad wat gesaai word val, sal die saad rein wees,

38. maar as daar water op die saad gegooi is en enige deel van die karkas val daarop, dan sal dit vir julle onrein wees.

39. As enige van die diere wat vir julle kos is, doodgaan, sal hy wat aan die karkas raak, tot die aand toe onrein weesDeut 14:21

Lees volledige hoofstuk Levitikus 11