Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 11:17-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. die klein-uil, die visvanger en die groot-uil;

18. die ibis, die pelikaan en die Mitzrayitiese aasvoël;

19. die ooievaar, die reier volgens sy spesie, die hoep-hoep en die vlermuis.

20. Al die vlieënde insekte in swerms, wat op pote loop, is verwerplik vir julle.

21. Tog mag julle die volgende van al die vlieënde insekte in swerms, wat op pote loop, eet: wat bokant die pote, bene met ledemate het om daarmee op die grond te spring.

22. Die volgende mag julle eet: die treksprinkaan volgens sy spesie, die boomsprinkaan volgens sy spesie, die kriek volgens sy spesie en die voetganger volgens sy spesie,

23. maar al die ander vlieënde insekte in swerms, wat op pote loop, is verwerplik vir julle.

24. Deur hierdie diere word julle onrein, elkeen wat aan hulle karkasse raak, sal tot die aand toe onrein wees

25. en elkeen wat van hulle karkasse optel, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees,

26. die karkasse van al die diere wat gesplete hoewe het, wat nie heeltemal gesplit is nie en wat nie herkou nie, hulle is vir julle onrein; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.

27. Alles wat op pote loop, onder al die viervoetige diere, is onrein vir julle; elkeen wat aan hulle karkasse raak, sal tot die aand toe onrein wees.

28. Elkeen wat hulle karkasse dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Hulle is onrein vir julle.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 11