Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:5-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Ons nekke is onder jukke; ons werk en het geen rus nie.

6. Die Mitzrayiete het ’n helpende hand gegee en ons het na Ashur gekyk om brood te voorsien.

7. Ons vaders het gesondig en is nie meer nie en óns het hulle oortredinge gedra.

8. Diensknegte heers oor ons, daar is niemand om ons uit hulle hand te bevry nie.

9. Ons kry ons brood in lewensgevaar, as gevolg van die swaard in die wildernis.

10. Ons vel is ingekrimp asof in ’n oond gebrand, as gevolg van die lyding in hongersnood.

11. Vroue word onteer in Tziyon, maagde in die stede van Y’hudah.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5