Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Die vreugde van ons verstand, wil en emosie het opgehou, ons danse het in rou verander.

16. Die kroon het van ons kop afgeval; wee ons, want ons het gesondig.

17. Oor hierdie dinge het ons verstand, wil en emosie flou geword, oor hierdie dinge is ons oë dof

18. omdat die berg Tziyon verlate is, die jakkalse loop daarop,

19. maar U, יהוה, hou aan vir ewig, U troon is van geslag tot geslag;

20. daarom, vergeet ons nie vir altyd nie en verlaat ons nie vir so ’n lang tyd nie.

21. Bring ons terug na U toe, o יהוה en ons sal herstel word; vernuwe ons dae soos vroeër,

22. want U het ons heeltemal verwerp, U was uitermate kwaad vir ons.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5