Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:11-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Vroue word onteer in Tziyon, maagde in die stede van Y’hudah.

12. Prinse word aan hulle hande opgehang, die gesigte van die grysaards word nie geëer nie.

13. Jongmanne draai die meul en die jeug struikel onder vragte hout.

14. Die oudstes het opgehou om in die poort te wees, die jongmanne met hulle instrumentale musiek.

15. Die vreugde van ons verstand, wil en emosie het opgehou, ons danse het in rou verander.

16. Die kroon het van ons kop afgeval; wee ons, want ons het gesondig.

17. Oor hierdie dinge het ons verstand, wil en emosie flou geword, oor hierdie dinge is ons oë dof

18. omdat die berg Tziyon verlate is, die jakkalse loop daarop,

19. maar U, יהוה, hou aan vir ewig, U troon is van geslag tot geslag;

20. daarom, vergeet ons nie vir altyd nie en verlaat ons nie vir so ’n lang tyd nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5