Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה, onthou wat oor ons gekom het, let op en sien ons bespotting.

2. Ons erfenis is aan vreemdes oorgedra, ons huise aan buitelanders.

3. Ons het wese en vaderloos geword, ons moeders is soos weduwees.

4. Ons het ons water gedrink vir geld, ons hout word aan ons verkoop.

5. Ons nekke is onder jukke; ons werk en het geen rus nie.

6. Die Mitzrayiete het ’n helpende hand gegee en ons het na Ashur gekyk om brood te voorsien.

7. Ons vaders het gesondig en is nie meer nie en óns het hulle oortredinge gedra.

8. Diensknegte heers oor ons, daar is niemand om ons uit hulle hand te bevry nie.

9. Ons kry ons brood in lewensgevaar, as gevolg van die swaard in die wildernis.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5