Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:5-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle wat lekkernye geëet het, is eensaam op die strate; hulle wat groot gemaak is in skarlaken, slaap op mishope,

6. want die oortredinge van die dogter van my volk was groter as die sonde van S’dom, wat soos in ’n oomblik omvergewerp is, sonder dat iemand die hand daaraan geslaan het.

7. Haar Natzireërs was reiner as sneeu, witter as melk, hulle wange rooier as robyne en hulle vorm mooier as saffier.

8. Nou is hulle voorkoms egter swarter as houtskool, hulle word nie herken op die strate nie; hulle vel is verrimpeld aan hul gebeente, dit het opgedroog en soos ’n stok geword.

9. Dié wat deur die swaard neergeslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger neergeslaan is, want hulle kwyn weg, soos gewondes wat in die veld gegooi word.Deut 28:53; 2 Kon 6:28-30

10. Die hande van vroue wat omgee, het hulle eie kinders gekook; dit was hulle kos in die verwoesting van die dogter van my volk.

11. יהוה het Sy toorn voltooi, Hy het Sy vreeslike woede uitgestort en ’n vuur in Tziyon aan die brand gesteek wat haar fondasies verteer het.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4