Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:2-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Bitterlik huil sy snags en haar trane hardloop oor haar wange! Uit al haar liefdes het sy niemand om haar te troos nie, al haar vriende het bedrieglik teenoor haar opgetree, hulle het haar vyande geword.

3. Y’hudah het in ballingskap gegaan, in ellende en slawerny; sy dwaal tussen die nasies, vind geen rus nie; al haar vervolgers haal haar in te midde van verdrukkings.

4. Die paaie na Tziyon treur omdat niemand na die vasgestelde feeste kom nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug, haar maagde word verneder en sy is bitter.

5. Haar onderdrukkers het haar heersers geword en haar teëstanders het ’n einde aan haar gemaak, want יהוה het haar laat ly weens die menigte van haar sondes; haar kinders het in ballingskap gegaan voor die teëstander

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1