Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 7:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Wanneer ek gaan lê, sê ek: “Wanneer sal ek opstaan?” en die nag blyk lank te wees; wanneer ek gaan rus, rol ek rond tot dagbreek toe.

5. My vlees is bedek met wurms en my liggaam met stof; my vel krimp op en val uitmekaar.

6. My dae is vinniger as ’n wewerspoel en gaan verby sonder verwagting.

7. O, onthou tog dat my gees nog lewe; nogtans, my oog sal weer die goeie sien.

8. Die oog van hom wat my gesien het, sal nie meer bly wees nie. U oë is op my en ek is nie weg nie!

9. Soos die wolk wegkwyn en verdwyn, so sal hy wat afgaan na Sh’ol, nie weer opkom nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 7