Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 7:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Is ek ’n see, of ’n seemonster dat U ’n wag oor my aanstel?

13. Ek het gesê dat U my sal troos en ek sal verlig word van die pyn van my siekbed

14. en let op, U verskrik my deur drome en maak my bang deur visioene;

15. U het my lewe vanuit vernietiging getrek en my gebeente uit die dood.

16. Ek is moedeloos; ek sal nie vir ewig lewe nie; los my uit, want my lewe is nietig.

17. Wat is die mens dat U hom oplig en dat U aan hom sou dink

18. en dat U hom elke oggend sou besoek en hom elke oomblik toets?

19. Vir hoe lank wil U dit nie van my af wegvat nie, of my alleen laat? Totdat ek my spoeg insluk?

20. As ek gesondig het, wat het ek aan U gedoen, o, Skepper van die mens? Waarom het U my as ’n teiken opgestel sodat ek ’n las geword het?

21. Tot wanneer sal U nie my oortreding vergewe en my boosheid verwyder nie? Nou sal ek in die stof lê en U sal my soek, maar ek sal nie meer wees nie.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 7