Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 5:14-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hulle hanteer dinge oordag asof hulle in duisternis is en tas rond in die middag soos in die nag

15. en hulle kom om deur die mag van die swaard en die armes word gered uit die hand van die magtiges.

16. Daar is versekerde verwagting vir die armes, maar die bose sal sy mond toehou.

17. Let op, gelukkig is die man wat deur God gekorrigeer word en hy wat die tugtiging van die Almagtige nie verag nie,

18. want dit is Hy wat verwond en verbind; Hy slaan en Sy hande genees.

19. Uit ses moeilikhede sal Hy jou bevry, ja, uit sewe sal geen boosheid jou aanraak nie.

20. In hongersnood sal Hy jou bevry van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.

21. Jy sal beskerm word van die houe van die tong en jy sal nie bang wees vir vernietiging wanneer dit kom nie.

22. Oor geweld en hongersnood sal jy lag en nie die wilde diere vrees nie,

23. want jy sal in verbond wees met die klippe van die veld en die wilde diere van die veld sal in vrede met jou wees.

24. Jy sal weet dat jou tent in vrede is en jy sal terugkeer na jou blyplek en nie sondig nie.

25. Jy sal ook weet dat jou nageslag baie sal wees en jou kinders soos die gras van die aarde.

26. Jy sal rustig na jou graf gaan, soos ’n graangerf in sy seisoen.

27. Let op, ons het hierdie ding ondersoek en dit is so; ons het dit gehoor en jy weet dit tot jou beswil.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 5